Afrikaanse Huweliks Beloftes

MAN

In die teenwoordigheid van God, ons familie en vriende, neem Ek (man se naam) vir jou (vrou se naam) as my wettige vrou, my lewensmaat en my liefdes vennoot.

My huweliksbelofte aan jou is dat ek jou sal liefhê met my hele wese. My liefde sal onvoorwaardelik en ewig wees.

Ek beloof om jou te ondersteun as jou lewensmaat in die goeie en slegte tye van die lewe in siekte en gesondheid, asook in die vreugde en hartseer tye van die lewe.

Ek beloof om saam met jou te lag en te huil. Ek sal jou respekteer vir wie jy is en jou te ondersteun in jou lewensgroei en in die bereiking van jou lewensdoel en ideale.

Ek gee jou my hand, my hart en my liefde van hierdie dag af tot die dood ons skei.

VROU

In die teenwoordigheid van God, ons familie en vriende, neem Ek (vrou se naam) vir jou (man se naam) as my wettige man, my lewensmaat en my liefdes vennoot.

My huweliksbelofte aan jou is dat ek jou sal liefhê met my hele wese. My liefde sal onvoorwaardelik en ewig wees.

Ek beloof om jou te ondersteun as jou lewensmaat in die goeie en slegte tye van die lewe in siekte en gesondheid, asook in die vreugde en hartseer tye van die lewe.

Ek beloof om saam met jou te lag en te huil. Ek sal jou respekteer vir wie jy is en jou te ondersteun in jou lewensgroei en in die bereiking van jou lewens doel en ideale.

Ek gee jou my hand, my hart en my liefde van hierdie dag af tot die dood ons skei.

< Back

Notice Board

Kola de Klerk

Kola de Klerk
Registered marriage officer and ordained pastor

To Contact Us

Tel: +2787 808 3626
Cell: +2782 414 0014
Fax: +2786 561 3252
Email:  click here
kola@weddingsbykola.com

Church at Buffelsbay

 Church at Buffelsbay 

Marnicas
Church at Buffelsbay
084 511 9551

Copyright © 2008 Weddings by Kola
Site Developed and Maintained by: Fresh Lemon Media

Fresh Lemon Media